SJOKOLADEBONDELTJIES
2 koppies suiker
100 g botter
125 ml melk
125 ml kakao
3 koppies oats
1 koppies klapper
5 ml vanieljegeursel
Smeer of spuit waspapier.
Verhit suiker, botter, melk en kakao tot kookpunt en kook dan verder vir 5 – 10 min lank.
Meng intussen die oats en klapper. Verwyder die kakaomengsel van stoof en voeg klapper en oats by, roer baie goed.
Skep teelepelsvol op bakpapier laat afkoel.
Foto: Charlene du Plessis-Snyman