MARIAN SE MAKLIKE WITBROOD
2 kg koekmeel
1 koppie olie
1 pakkie kitsgis
2 koppie lou warm water (kan bietjie meer ook vat)
Meng meel en kitsgis saam in groterig bak. Maak gaatjie in middel en gooi olie en louwarm water in en begin met jou hand dit deur te meng. Sodra dit moeiliker word om dit met jou hand te meng moet dit geknie raak.
Knie deeglik deur.
Spuit pannetjie met spray n cook.
Laat rys vir +_ 1 uur.
Bak vir 1 uur by 180 grade C tot die brood hol klink wanneer jy daarop klop, dan is hy gaar.
Nota: 3 medium broodjies uit beslag gekry.
Foto en resep: Marian EN Brood Swart