IDEES MET HOENDERLEWER EN MAGIES
Ingrid Daniels:
Hoender lewertjies kook gaar in minutes en hoenderpensies ure soos in baie lank.
Elna Whitehorn:
Magies kook lank. Gooi bietjie asyn by die water, dit help dat die magies gouer sag kook. As dit sag is gooi ek gekapte uie en tamaties, kerriepoeier of paste en aartappels by. Kook lekker deur tot aartappels sag is. Ek gooi ook ‘n aangemaakte soppoeier daarby vir ‘n lekker sousie. Bedien met rys, mash of soos ‘n bunny chow.
Ingrid Daniels
Dit is lekker hoor maar neem net tyd so 12 uur, nou gooi jy ‘n mespunt koeksoda in jou pot terwyl dit kook, pensies sal gou sag word al is dit watse taai vleis.Elna Whitehorn:
Hoenderlewertjies – braai ek ‘n ui tot sag, dan gooi ek die hoenderlewers en tamatie by, kerriepoeier / chilli flakes, gooi ‘n aangemaakte soppoeier by (ek verkies om dit met pap te eet).
Dorathea Campher Beets:
Ek kook die pensies in die drukkoker vir 15 minute. Braai my uie en braai dan die pensies saam met al my speserye.
Susanna Kruger:
Ek maak my hoenderlewertjies skoon en sny in grote wat ek wil hê, dan maak ek magies skoon. Daar is so ‘n velletjie binne in magie wat jy uittrek en bo op wat so rand van die magie is sny ek middeldeur. Dan braai ek uie in olyf olie. Ek hou nie van knoffel by die hoender lewertjies nie. Dan voeg ek my lewertjies en magies saam en braai dit saam met uie ek gooi so bietjie asyn of suurlemoen sap by en bietjie kerrie. Dan maak ek maizena aan met bietjie water en voeg dit by, as die sousie te dik is, voeg net bietjie water by nie te veel nie en maak pap by dit.
Billy En Vanessa Range:
Hoenderlewertjies maak in portugese peri peri room sous.
Hartjies en pensies in die stoompot met lekker kerrie aartappels uie bedien op pap.
Of kook hartjies en pensies en uie sag in stoompot. Maak lekker roomsous en bedien in ¼ brood (bunny chow)
Agnes Bruiners-Booysen:
Braai uie en groenrisie tot sag en bruin. Maag hoendermagies goed skoon en voeg by. Kook sag, vat so om en by 45 min om lekker sag te kook.Voeg genoeg water by. As tyd om is begin bruin braai. Voeg speserye van u keuse by, gewoontlik maak ek asyn kerrie met my magies. Ek bedien dt met rys of kapokaartappels.
Suryna van der Walt:
Ek gebruik sommer Ina Paarman se peri peri sous.
Linette White:
Ek bak eers my hoederlewertjies in spicy meelmengsel dan eet ons dit so en of as ek dit klaar gebak het, smoor ek uie, tamaties en green pepper tot half gaar en sit hoenderlewertjies by in smoor.
Wilma Jonker:
Myne is baie eenvoudig. Ek braai die pensies en lewertjies in botter en hoender spices, dan sny ek ‘n klomp uie in en braai dit so saam. Gooi water by en braai – gooi water by en braai tot die pensies sag is. Bedien saam met rys/pap of warm vasgebakte brood.
Riana Oosthuizen Oberholzer:
Magies kook baie langer as lewertjies. Ek sal voorstel braai jou uie, magies en spices, voeg dan stock/water by en kook tot sag. Indien jy aartappels ook ingooi kan jy jou lewertjies (wat gebraai is in ander pan) dan byvoeg, of anders jou lewertjies net so ingooi. Hulle is binne minute gaar
Odette Fourie:
Hoenderlewertjies braai ek met uie en bietjie kerriepoeier en perske chutney, voeg ook mushrooms by.
Carel Du Plooy:
Maklik, braai in pan, gooi vet af, braai weer tot gaar en sag is, braai uie saam tot bruin is, gooi aartappels by en kook dit sag is. Gooi speserye by, maak ‘n sous en eet saam met rys of pap .koningskos!