SPINASIE SOP MET ROOM
½ kg spinasie, gewas
2 uie, in kleiner stukkies gesny
2 groot knoffel, opgekap
4 medium aartappels
vars borrie, fyn gesny – so 2 cm lank en 4-6 mm
250 ml room
lemon pepper
sout na smaak
Skil en sny aartappels in klein blokkies.
Sny spinasie op.
Sny uie in kleiner stukkies.
Smelt botter en olyf olie in ‘n pan en sit uie, knoffel en borrie daarin.
Kook tot sag. Sit sout en peper in, na smaak.
Sit spinasie en aartappels in pot met so 500 ml water. (ek gooi maar in tot ek dink dis genoeg)
Kook tot alles sag is en gooi die room by. Kook so 2 minute.
Maak die sop dikker met maizina.
Ek liquidise die sop. Bedien met bietjie vars room soos op foto.
Geniet
Foto en resep: Ernst Van Niekerk