SANTIE SE MIKROGOLF SAGO POEDING
2 koppies melk
½ koppie sago (hoef nie vooraf te week nie)
3 eetlepels botter
2 eiers geskei
⅓ koppiie suiker
2 ml vanielje geursel
knippie sout
appelkooskonfyt
kaneel
Giet die melk, sago en botter in bak en 10 minute oop by 100% krag (roer gereeld) en daarna 5 min by 50% krag en roer dit elke 2 minute.
Klits die eiergeel en voeg saam met witsuiker, vanielje geursel en sout vinnig by die warm sago mengsel.
Mikrogolf 2 minute op 100%.
Vou nou die styf geklopte eierwitte in die warm mengsel in.
Skep die mengsel in ‘n glas bak van jou keuse en blop so hier en daar appelkooskonfyt bo-oor en strooi bietjie kaneel oor.
Mikrogolf dit 2 tot 3 min oop by 70% krag. Sit dit warm voor.
Resep: Santie Carelse