KERRIE HOENDERNEKKIES
Hoender nekkie kerrie met stampmielies.
Hoender nekkies was 2 x 500 gram nekkies,
in bietjie suurlemoensap laat lê en vliesies verwyder.
Braai 2 uie en 2 huisies knoffel in ‘n 1/4 koppie olyf olie, skep uit as dit lekker gebraai is en hou eenkant.
Braai nou nekkies tot lekker bruin in dieselfde olie as uie, voeg water by en kook tot amper sag.
Voeg aartappels by (ek het 2 groterige aartappels in kwarte gesny) kook tot aartappels sag is.
Meng saam:
1/4 koppie appelkoos konfyt
2 eetlepels asyn
2 teelepels aromat
peper na smaak
1 Eetlepel kerrie (myne is regte gemengde kerrie deur ‘n Indiër in PE)
1 Eetlepel borrie
1/4 teelepel gebreekte koljander
2 teelepels bruin suiker
Voeg by nekkies, kook goed deur.
Toets vir smaak, elkeen se smaakkliere is anders, nou kom mik korrel en proe.
Foto en resep: Alta Gunter Van Dyk