GERALDINE SE BILTONG BRAAIBROODJIES
1 Franse brood (Ek het ‘n kleintjie gevat)
2 bakkies Maaskaas, enige naam en geur)
1 koppie Cheddar kaas
biltongpoeier (hoeveelheid hang van jou eie keuse af)
gebraaide sampioene, laat afkoel
Meng alles saam en vul broodjie.
Gooi ekstra Cheddar bo oor en draai in foelie toe
Braai op die kole of sit in die oond totdat die kaas gesmelt is.
Resep en Foto: Geraldine Marais