ROOIBOSTEE VRUGTEBROOD
2 kp gemengde droëvrugte (cake mix)
250 g bruinsuiker
2 ml sout
500 ml warm rooibostee, klaar gemaak
1 eier
500 g bruismeel
5 ml bakpoeier
Laat die vrugte oornag in die tee week. Breek die eier die volgende oggend in die vrugtemengsel en meng goed. Voeg die droë bestanddele by en meng goed. Gooi in twee gesmeerde klein broodpannetjies en bak vir 50 – 60 minute by 160°C, of tot die toetspen skoon uitkom.