NOUGAT VAN GOUESTROOP
In dikboom kastrol:
250 ml suiker
125 ml koue water
en 100 ml goue stroop
Kook saam tot mengsel ‘n stywe balletjie vorm as bietjie van mengsel in koue water gegooi word, of as jy ‘n termometer gebruik, kook tot 120°C.
Haal van stoof af en klits 3 eierwitte styf, in aparte skoon glasbak, nie droog nie.
Gooi stroop-vloeistof stadig by eierwitte terwyl jy aanhoudend klits.
Kook nog hoeveelheid stroop van dieselfde hoeveelheid bestanddele tot stywe balletjie vorm en gooi weer stadig by eierwit mengsel terwyl jy aanhoudend klits.
(Jy kan die mengsel een keer kook, en in 2 deel, maar maak die 2de helfte eers weer warm voor jy dit bygooi, die mengsel moet warm wees wanneer mens dit bygooi)
Voeg nou 2 teelepels vanilla geursel by asook 375 ml gekapte neute van jou keuse en 125 ml glanskersies of gekapte droë appelkose.
Skep mengsel in goed gesmeerde plat bak en maak gelyk met ‘n mes. Laat stol vir 1-2 dae en sny in blokkies.
Jy kan ook ‘n vel ryspapier onder-in bak sit en mengsel bo-oor gooi en bedek met ryspapier. Sny deur papier in blokkies.
Resep en foto: Cindy Groenewald
geskuif