“MEAD” DRANKIE
Dit is binnekort May Day hier in Finland en traditioneel maak ons Mead wat geniet word met doughnuts. Dis ‘n baie verfrissende drankie en neem ongeveer ‘n week dan is hy reg om te drink. Die resep kan verdubbel word, en dit is nie nodig om bruin suiker te gebruik as jy nie het nie, wit suiker werk net so goed.
Vir 4 liter
4 liter water
250 g demerara suiker
250 g wit suiker
2 suurlemoene ( gebruik skiller om die zest te verwyder en druk dan die sap uit)…zest so 25 g
150 ml vars suurlemoen sap
2,5 ml kitsgis
Kook 2 liter water saam met die suiker totdat die suiker gesmelt het.
Haal van die stoof af en voeg die res van die water by, asook die suurlemoen skil en sap.
Dit temperatuur moet so 42 grade wees…voeg dan die gis by.
Laat oornag staan teen kamer temperatuur liggies toegemaak. ( so 24h)
Kry nou genoeg bottels…wat jy ookal het…bv koeldrank bottels ens. maak net seker hulle is skoon.
Gooi so 5 rosyntjies en 5 ml suiker in elke bottel.
Gooi die vloeistof deur ‘n sif in elke bottel. Maak so 3/4 vol.
Sit prop op…liggies toegedraai en plaas in die yskas. Dit neem so ‘n week vir die rosyntjies om bo te dryf dan is hy reg. Geniet 😊
Resep en Foto: Wilanda Räsänen