KOEJAWEL STROOP
10 tot 12 koejawels
suiker na smaak
1/2 suurlemoen
Ek maak koejawelstroop maar met so 10 – 12 koejawels en dan suiker na smaak en so halwe suurlemoen se sap.
As jy hul deur die sif druk dan verloor mens baie van die vleis en pitte en dis harde werk maar proe baie beter as die wat mens koop in die winkel.
En jy kan kies hoeveel suiker jy wil insit.
Foto en Resep: Ineke Steyn
KOEJAWEL STROOP
1 koejawel, met skil en al in stukke gesny
1 liter water
250 ml witsuiker
45 ml suurlemoensap
Verhit die koejawelstukke (met skil en al) en water tot kookpunt. Prut liggies vir ongeveer 25-30 minute. Verwyder van die hitte en laat staan vir 10 minute. Gooi die mengsel deur ‘n sif of vergiettes wat met ‘n moeseliendoek uitgevoer is. Laat dit stadig deursyg. Gooi die koejawelstukkies en pitte weg en verhit die deurgesygte sap saam met die suiker en suurlemoensap tot die suiker goed opgelos is en die mengsel lyk of dit net-net wil begin kook. Verwyder van die hitte en bottel in gesteriliseerde bottels of flesse. Laat afkoel tot kamertemperatuur en bêre op ‘n koel, droë plek.
Verdun met koue water of sodawater en sit voor met ys en suurlemoenwiggies.
Lewer ongeveer 1 liter stroop.
Foto: Ineke Steyn
Resep geplaas deur Ineke Steyn