GEROOKTE BRISKET
2 kg brisket
growwe sout en peper
speserye van keuse
Woodchips in water geweek (foto regs onder)
Dryrub die vleis en plaas in yskas vir 2 ure.
Rook op lae hitte, vir 7 ure of tot gaar. Draai die vleis elke uur en ‘n half. Die vleis se binne temperatuur moet rondom 80°C wees. Laat rus vir 30 min, voor opsny en bedien.
Foto: Cecil Dunhin