FRIKKADELLE MET BISTO UIE SOUS
1 kg maalvleis
2 gerasperde uie
2 gerasperde tamaties
fyngekapte spring onions
3 geklitste eiers
spices
2 E asyn
sout en peper
2 snye brood gedoop in bietjie melk
Voeg alles by die maalvleis.
Meng goed en maak medium grootte bolletjies.
IN ‘N POT
Braai 1 gekapte ui met 3 huisies fyngekapte knoffel tot bruin.
Plaas nou jou frikkadelle in die pot braai liggies bruin en draai om.
Voeg nou bietjie water by en kook vir 25 min.
Maak ‘n bisto sousie van 6 E Bisto, 3 E blatjang en klein bietjie water vir meng.
Gooi dit bo oor frikkadelle en laat prut vir nog 10 minute.
Sal ‘n lekker dik sousie wees.
Resep geplaas deur Ronell Muller Boshoff
Foto: Ronell Muller Boshoff