VROULIEF SE INGELEGDE KWEPERS
Dit is baaaaie lekker, voor ek die fodie kon neem is die helfte opgeëet.
5 kwepers, geskil ontpit en in skywe gesny
1 l water
1 kg suiker
4 steranys peule
Sap van een suurlemoen
Voeg als behalwe die kwepers in ‘n kastrol en verhit tot kook.
Voeg dan die kwepers by en kook vir 45 tot 60 min en tot die kwepers pienk is.
Bottel warm in gesteriliseerde flesse.
Foto en resep: Gideon Louw