VEERLIGTE MELKKOS
120 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
knippie sout
3 eiers geskei
50 ml witsuiker
7 koppies melk
50 ml gesmelte margerien
vanilla geursel (opsioneel)
Sif meel bakpoeier en sout saam.
Maak aan met melk tot ‘n pasta.
Voeg gesmelte margerien by die meelmengsel.
Klits 3 eiergele met ‘n klitser tot lig en donsig.
Voeg 5 ml Vanilje geursel by die eiergeel en suiker.
Voeg die eiergeelmengsel by die meelmengsel.
Klits die eierwitte styf laat staan eenkant.
Bring die res van die melk tot kookpunt.
Sodra dit kook, voeg van die kookmelk by die koue meelmengsel en roer goed.
Gooi alles terug in die pot saam met die res van die kookmelk en roer met ‘n draadklitser oor lae hitte vir so 3 min.
Verwyder van die hitte en vou die stywe eierwitte in.
Bedien met kaneelsuiker na smaak!!
Genoeg vir 4 tot 6 mense.
Foto: Thelma En Wessel DuPreez