MAKLIKE MIKROGOLF SOUSKLUITJIES

MAKLIKE MIKROGOLF SOUSKLUITJIES
Vir die sous:
750 ml water
2oo ml suiker
30 ml mielieblom
knippie sout
1 stukkie pypkaneel
15 ml botter/margarien

Vir die deeg:
250 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
2 ml sout
80 g botter/margarien
45 ml melk
2 ekstragroot eiers
fyn kaneel

Mikrogolf al die sous bestanddele 8-10 min lank saam op hoog in ‘n 25 cm bak met deksel. Roer gedurende kooktyd om die suiker te smelt.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Vryf 20 ml van botter by die meelmengsel in.
Meng die melk en eiers en meng dit dan met die meelmengsel tot ‘n sagte deeg. Skep teelepelsvol deeg in sous in. Bedek en mikrogolf 3 minute op hoog.
Smelt oorblywende 60 g botter en drup dit oor die kluitjies. Sprinkel kaneel oor.

Foto: Ida Marx