CRUNCHIE-KRUMMELTERT
CRUNCHIE-KRUMMELTERT
Lewer 6 glase
500 ml (2 koppies) room, verkoel
1 blik (360 g) karamel kondensmelk
2 pakke (200 g elk) Tennisbeskuitjies, fyn gemaak
4 Crunchie-sjokolades, grof gekap
Klits die room styf en vou die karamel kondensmelk versigtig in.
Pak ’n laag Tennisbeskuitjies in elke glas, gevolg deur ’n laag Crunchies en die karamelmengsel.
Laat 1 uur in die yskas afkoel voor dit voorgesit word.
WENK
Vervang die Crunchies met Peppermint Crisp sjokolade.
Resep geplaas deur Frieda Greyling
Foto: Frieda Greyling