BEET EN BOKMELKKAAS TERRIEN
2 KLEIN PORSIES
1 groot Beet gekook in bietjie sout water tot net sag en heeltemal afgekoel
100 g Plain Bokmelkkaas – sagte soort
2-3 repe gerookte spek (bacon) opgesny
2 teelepel gerasperde ui
1 hoogvol teelepel gelatine opgelos in 30 ml koue water
2 teelepel fyn gekapte garlic chives
1 teelepel fyn gekapte vars pietersielie
knypie rooipeper
Vars gemaalde swart peper na smaak
Sit die opgesnyde spek in ‘n pan en braai tot net gaar.
Sit die spek, garlic chives, ui en pietersielie in ‘n voedselverwerker en maak dit baie lekker fyn.
Sit die kaas in ‘n meng bak en druk lekker fyn met ‘n vurk, meng tot glad
Sit die gelatine 8 sekondes in die mikrogolf, roer goed en meng by die kaas in.
Wanneer goed gemeng gooi die spek mengsel by, meng deur, voeg die rooi- en swart peper by.
Neem ‘n klein glas bakkie of twee ramekin bakkies. Voer uit met kleefplastiek. Sny die beet baie dun in heel skywe, plaas die een skyf beet onder in die bakkie bo-op die kleefplastiek. Sit van die beet reg in die rondte teen die kant van die bakkie. Skep die bokmelkaas vulsel binne in die beet bakkie. Sny nog ‘n lekker dun skyf en plaas dit soos ‘n deksel op die vulsel. Vou die kleefplastiek toe en plaas in die yskas.
Los vir tenmiste 12 ure. Lig die vorm uit die bakkie met die kleefplastiek, of keer uit op die bord waarin jy dit gaan bedien. Versier met roket en heel groenvy gevul met room, drup bietjie van die vye stroop oor en bedien met beskuitjies van jou keuse.
Resep en foto: Rina Kleinhans
Geskuif