1

TUNATERT MET WITSOUS BASIS

TUNATERT MET WITSOUS BASIS
1 liter melk
1 ¼ koppie meel
250 g margarine stork
sout na smaak
Maak witsous.

Meng by witsous:
3 blikkies tuna in water, dreineer die water
gerasperde ui
5 ml pietersielie
knippie rooipeper
4 eiers, geklits
2 koppies gerasperde kaas

Gooi in tertbak en bak by 180°C vir 1 uur. Haal uit en laat afkoel.
Tert raak styf soos dit afkoel. (hoe langer dit staan hoe lekkerder raak tert) Bedien warm of koud.
Resep: Madelein Meyer Coetzee