1

CHEESEGRILLERS EN MINI CORNDOGS

CHEESEGRILLERS EN MINI CORNDOGS
Cheesegrillers
2 pakke puff pastry
500 g cheesegrillers
Geklitste eier
Aromat

Sny rol deeg in 3. Sit worsies op die deeg en vou mooi toe. Sit op gesmeerde pan. Smeer eier oor en gooi bietjie aromat oor. Bak tot lekker goudbruin by 180 grade C ongeveer 15-20 min

Mini corndogs
2 k meel
2 t bakpoeier
Kwart k suiker
2 eiers
2 e olie
Driekwart k melk
1 k water
Driekwart t sout
500 g cheesegrillers opgesny in kleiner stukke
Tande stokkies
Olie vir diepbraai

Sit meel, bakpoeier en suiker saam
Klits eiers, olie, melk, water en sout saam
Druk stokkies deur elke stukkie worsie
Rol worsie in meel dan eiermengsel. Herhaal 3 keer
Braai in olie tot goudbruin
Resep en foto: Ryno en Zelda Herridge