HOENDER EN GROENTESOP MET MOROKAANSE SPESERYE
Die 2 koppies vloeistof daarin ek gister ‘n heel hoender gestoom het vir ‘n quiche gisteraand het ek vandag gebruik as die basis vir my sop.
Voeg die volgende by:
1 groot aartappel geskil en grof gerasper
1 groot wortel geskil en grof gerasper
1 groot murgpampoentjie grof gerasper
1 koppie kookwater
1-2 koppie fyn gesnyde hoender stukkies
Morokaanse speserye na smaak
Laat begin kook en prut tot groente gaar. Dit gaan vinnig wees want dis gerasper.
1/2 koppie koue water met halwe pakkie sampioenroomsop opgelos
Sout na smaak
Roer dan die sop mengsel by en pas die geur aan met ekstra sout indien verlang.
Resep en foto: Elsabie Templeton
geskuif