BLOMKOOLRYS MET SAMPIOENE
Die hoeveelheid van die bestanddele is na eie keuse en ook afhangende van hoeveel gaste bedien word.
2 pakke blomkool (reeds opgesny)
olyfolie
rooiui opgekerf
knoffel fyngekap
sampioene opgesny
rooi soetrissie
vars pietersielie opgekap
sout en peper na smaak
daniablare opgekap vir garnering
Rasper die blomkool (ek het nie ‘n voedsel verwerker nie en ek wil die blomkool nie te fyn hê nie)
Plaas die fyn blomkool in ‘n oondpan en meng met bietjie olyfolie.
Plaas die bak in ‘n voorverhitte oond teen 200°C en braai die blomkool vir ongeveer 20 minute of bietjie langer.
Roer een of twee keer gedurende die braai porses, net tot dit begin liggies bruin verkleur onder.
Verhit olyfolie in ‘n pot op die stoof en braai die ui en knoffel tot sag, voeg die sampioene, soetrissie en pietersielie by. Braai tot dit gaar (nie oorgaar nie) en droog is. Voeg sout en peper na smaak by.
Meng die sampioenmengsel met die blomkool en voeg nog sout of peper by na smaak.
Strooi die gekapte dania bo-oor die gereg.
Bedien saam met geroosterde hoender of enige ander vleis, bredie, kerrie of vis en ‘n groen slaai. GENIET!
Nota:
Verskillende groente van eie keuse kan met die blomkool gemeng word. Ek hou ook van geroosterde pampoen of botterskorsie daarby.
Resep en foto: Glenda Diane Emmerson
One thought on “BLOMKOOLRYS MET SAMPIOENE”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
Done