TAMATIE EN UIE SALSA MET BALSAMIEK REDUKSIE
3 uie, opgesny
10 Rosa tamatietjies, in kwarte gesny
100 ml donker balsamiek asyn
2 teelepels bruin suiker
sout en peper na smaak
olyfolie vir braai
Braai uie tot begin verkleur. Voeg die tamaties by asook die suiker en balsamiek asyn. Roerbraai vinnig tot die balsamiek begin wegkook en die uie mengsel begin karameliseer. Sit sout en peper na smaak by.
Resep geplaas deur Elsabie Templeton
Foto: Elsabie Templeton