NOELENE SE VISVINGERGEREG

NOELENE SE VISVINGERGEREG
16 visvingers
1 Ui
Halwe greenpepper
30 ml koekmeel
30 ml
botter
200 ml melk
Sout en Peper
Pak visvingers in n gesmeerde oondbak .Braai ui en greenpepper tot sag,voeg botter by en roer tot gesmelt is .Voeg nou meel by en roer tot dit glad is, Voeg melk by en roer tot dit dik en klontvry is. Geur met sout en pepper en gooi dan mengsel oor visvingers. Bak by 180 grade C vir so 15 minute en strooi kaas bo-oor en bak verder tot goudbruin.
Resep geplaas deur Noelene Rutledge Saal
Foto: Noelene Rutledge Saal