SEEPSODA METODE OM HARDE VRUGTE TE SKIL
Harde vrugte soos perskes, pere, vye ens. kan vinnig met seepsoda op die volgende manier geskil word:
Los 1 1/2 eetlepels seepsoda in 3 pinte( 1.4 liter) kookwater in ń enemelkastrol op en laat dit kook. (Voeg die soda by die water en NIE die water by die soda nie .)
Gebruik alleen goeie gesonde vrugte wat nie gesny is nie, draai dit in ń kaasdoek toe en laat dit in die oplossing sak.
Hou dit 15 tot 20 sekondes daarin en spoel dit dan twee keer in af sonderlike bakke water af.
Eers in die een bak en daarna in die ander bak. Vryf die skille met ‘[ngrowwe doek af terwyl dit in die tweede bak water lê.
Dompel die vrugte daarna in ‘n bak water wat met asyn of suurlemoensap suur gemaak is.
Vir pere met harde skille kan die seepsoda-oplossing sterker gemaak word. Werk ook goed vir vye.
Resep geplaas deur Magda Pienaar
Rudi Basson
Los 2 E seepsoda (caustic soda) op in 2 liter warm water. Gooi die groen vye daarin en roer goed met houtlepel vir 30 sekondes. Spoel onmiddellik goed af onder lopende water. Kook dan konfyt soos normaalweg.
Enna Nieuwoudt Coetzee
Resep by ou tante gekry 100 vye, sny kruisie – kook 15 koppies water en 12 koppies suiker, sit vye in kook 40 min haal van stoof. More kook jy verder tot stroop regte dikte het. dit werk vir my kook nie vir VLV kompetisie nie
SB Mossie Mossie
Ek kook al die jare nog so om die seepsoda metode te gebruik en dit maak dat die bladgroen van die vye vatbaar is vir die kalk en heerlike “crispy” groenvye is die eindresultaat. Lewer skougehalte groenvye.
Net iets interessant gesien vandag, gooi 12,5 ml gliserien (kom ek sê 2 teel.) in stroop voor jy dit in laaste paar minute deurkook. Dit gee n lieflike glans aan die vye.
Foto: SB Mossie Mossie