1

KOEKSISTERS GROOTMAAT

KOEKSISTERS GROOTMAAT
Het vandag vir die eerste keer in amper 20 jr koeksisters gebak
Stroop (moet yskoud wees)
20 koppies suiker (wit)
10 koppies water
Kook tot suiker opgelos is. Laat afkoel en plaas in yskas om yskoud te word.

Deeg
6 koppies koekmeel
6 eetlepels maizina hoogvol
6 eetlepels bakpoeier hoogvol
1 teelepels sout
3 eiers
100 gr botter
3 koppies water

Vryf botter in droe bestanddele in. Kilts eiers en water saam. Meng alles goed.
Rol uit, vleg en bak. Sit gebakte koeksister (terwyl nog warm in koue stroop).
Resep en foto : Lisa Pretorius