GIDEON EN VROULIEF SE LEKKER OMELETTE

GIDEON EN VROULIEF SE LEKKER OMELETTE
1 pakkie repies spek
4 Eiers ( kleinerig ) witte en gele geskei
1 k gerasperde Kaas
1 Seldery stok in die lengte dun repies gesny
1/2 medium Tamatie gekerf
3 gekerfde Sampioene
1/2 medium Ui gekerf
Speserye na smaak ons het gebruik sout en peper en “chillieflakes”. Italian kruie en pietersielie gebruik.
Vooraf braai die uie en sampioene en voeg die tamatie by en braai n rukkie en skep uit en hou warm eenkant
Braai dan die spek en hou warm
Laat gly dan die eierwitte wat geklits is in n groterige warm pan wat vooraf gespuit is
Voeg dan bo oor dit die geel wat geklits is
Voeg dan die spek bo oor
Voeg dan die tamatie uie en sampioene mengsel oor en ook die speserye
Plaas dan die seldery oor en laastens die kaas
Laat dit vir n paar minute gaar raak tot die kaas ook gesmelt is
Vou dan die hele kontrepsie dubbeld en geniet
Resep en Foto: Gideon Louw