ROOM VERSIERSEL WAT VORM HOU

ROOM VERSIERSEL WAT VORM HOU
Genoeg vir 1 groot  22cm Koek
¼ kp versiersuiker
2 ½ teel maizina –mielieblom
2 kp vars room
1 teel vanilla essence
2 ml koeksoda
Sit ‘n metal bak en jou klitser of die lemme van jou elektriese klitser in die vrieskas om sommer lekker koud te word.
Neem in klein pannetjie en meng die versiersuiker en maizina in die pannetjie, meng nou stadig ‘n halwe kp room by en klits tot ‘n gladde mengsels.  Sit op medium hitte en roer al die tyd, tot dat dit verdik, en net net wil kook.  Haal van die hitte af en en sit eenkant, roer elke nou en dan tot die mengsel afgekoel het.  Laat die mengsels heeltemal koud word voor jy dit by die room klits (baie belangrik)  Vat nou die koue bak en klits die oorblywende room en koeksoda totdat dit begin styf word en punte hou maar nog nie heeltemal styf is nie, skep nou die maizina mengsels lepel vir lepel by terwyl jy die klits…tot alles by is, sodra die room styf is en punte maak, hou op met klits, pasop moenie oor-meng nie… Gebruik dadelik om ‘n heeltemal afgekoel koek mee te versier..

Resep aangepas deur Rina Kleinhans