RONELL SE HOENDERSOSATIES
1 kg Fillets in blokkies gesny. Ek het 7 sosaties uitgekry.
Smeer hoender speserye in blokkies hoender in.
sny stukkies greenpepper en uie vir tussenin. Jy kan vat wat jy wil.
Sous het ek ‘n bottel barbeque sous van castle gekoop. Was ‘n vinnige besluit. Volgende keer maak ek my eie sous.
As jy klaar jou sosaties gedoen het gooi sous oor soos verkies. Laat staan rukkie voor braai. Hoe langer hoe lekkerder.
WENK:
As jy jou blokkies en wat jy wil bysit klaar gesny het meng dit binne in sous en laat lê dit daar in. Dan ryg jy dit in stokkies in.
Laat lê stokkies so 10 min. in water dit keer dat stokkies brand op die braaier.
Resep en foto: Ronell Muller Boshoff