RONEL SE BANTING BREDIE
3 groot Uie, fyngekap
7-8 wortels, skoongemaak en in blokkies gesny
Oorskiet stingels van Brokolli & blomkool (Daai gedeeltes wat jy altyd weggooi – vee skoon met klam lap en sny in blokkies)
500g goulash/beeskook opgesny in blokkies
1 sakkie tamatie pasta
Vleis speserye
Sout en peper
Klapperolie
Kookwater
Metode
Braai uie, wortels en blomkool & Brokolli stingel blokkies in olie vir so 10min op lae hitte. Roer gedurig om aanbrand te voorkom. Gooi kookwater by om groente heeltemal te bedek en laat kook met deksel op
tot water verminder het. Voeg nou die vleisblokkies by en vul weer die water aan. Sit deksel op pot en kook tot groente & vleis sag & gaar is. Haal deksel af en laat oop kook tot water weggekook het en bredie begin braai. Voeg nou res van bestanddele by en meng goed deur. Roerbraai tot heerlik geurig.
Opsioneel : Roer 1-2 skywe feta kaas deur voor opdiening. Dit maak bredie romerig. Sal foto opsit as ek weer maak.
Resep geplaas deur Ronel Hinrichsen