1

PRUTPOT VLEIS BROODJIE MET GROENTE

PRUTPOT VLEIS BROODJIE MET GROENTE
Vleisbrood in die slow cooker met barbeque sous
500g maalvleis
1/2 kop amandelmeel( ek moet styselvry gaan)/broodkrummels/hawermout
2 eiers
Halwe ui gekap
Sout, peper en speserye na smaak.
5 aartappels in groot blokke
4 wortels in groot blokke
1 blik tamaties
1/3 kop whiskey
1/3 kop appelasyn
5ml sout
15ml wocestersous
1/2 kop xylitol( ek moet suikervry gaan)/suiker
Peper na smaak
Begin met die sous
Bring die tamatie, suiker, wocestersous sout en peper tot kookpunt.
Verwyder van hitte en blits tot fyn in voedselverwerker.
Gooi terug in pot voeg whiskey, asyn by en laat prut vir n uur todat dit dik is.
Vleisbrood:
Meng alle bestandele behalwe wortels en aartappels. Vorm vleisbrood en plaas in die middel van die slow cooker.
Rangskik wortels en aartappels rondom!
Sit op Laag vir 8 ure
Laaste 30 min gooi soveel sous oor soos verlang en sit op hoog!
Resep en foto:  Leandri Potgieter