PETRE SE OLYF TAPENADE
1 kg klaar verwerkte ontpitte olywe
1 medium ui, grof gekap
2 knoffelhuisies
1 klein bossie platbaar pietersielie
3 stingels vars oreganum blare
1 stingel vars roosmaryn blare
1 klein bossie koljanderblare
3 basilie blare
¼ koppie rooiwyn
¼ koppie Sweet Chili sous
¼ koppie olyfolie
grofgemaalde swartpeper
½ teelepel rooipeper
½ teelepel fyn komyn
¼ koppie asyn
Gooi alles in ‘n voedselverwerker en verpulp.
Plaas oor in ‘n kastrol, verhit en bottel warm.
Bedien op tuisgebakte brood met songedroogde tamaties (ongelukkig het ek nie gehad nie) en gekrummelde Feta kaas.
Resep geplaas deur Petré van Jaarsveld
Foto: Petré van Jaarsveld
geskuif