JO-ANN SE KASERIGE AARTAPPEL BALLETJIES
3 saggekookte aartappels
1 koppie gerasperde Cheddar kaas
½ koppie opgekapte pietersielie
1 eier
knippie knoffelsout, sout, peper en paprika na smaak
Ekstra: ½ koppie koekmeel
Maak die aartappels fyn.
Voeg die res van die bestanddele by.
Meng alles goed saam.
Meng die koekmeel met ‘n bietjie sout en ‘n bietjie paprika en meng met die aartappelmengsel.
Maak bolletjies van die mengsel en rol in meel.
Braai in diep olie tot goudbruin.
Bedien met enige sous van jou keuse, ek het net bietjie sweet chillie sous met mayo gemeng.
Resep geplaas deur Jo-Ann Strauss-Jha
Foto: Jo-Ann Strauss-Jha
geskuif