ITALIAANSE BLOMMETJIE BROOD
Eerste poging van my weergawe van ‘n “Italiaanse blomme broodjie”.
Wat dit werklik genoem word weet ek nie.
Nog te warm om uit die pan te haal.
Daar is geen spesiale resep nie, gewone brood deeg met italiaanse kruie ingewerk.
Rol die deeg redelik dun uit.
Druk sirkels uit, hoe dieper die pan hoe groter die sirkels.
Plaas drie sirkels plat dat hulle bietjie oorvlueel en rol op.
Pak regop in die pan.
Bak by 180 grade vir 1 uur, wanneer uit die oond kom smeer lekker botter oor al die blomme
Resep en foto: Nicolaas Martinus Swanepoel