HEERLIKE VLEIS EN GROENTE OMELET
Hierdie resep het ons vandag probeer. Verseker ‘n wenner. Gebruik enige kombinasie van groente, vleis of kaas waarvan jy hou. Ons het in plaas van kasseltjops gisteraand se oorskiet boerewors en spek gebruik. Baie lekker.
3 Kasseltjops, in blokkies gesny of enige vleis van jou keuse
olie, vir braai
2 groot uie, in wiggies gesny, of 12 klein baba-uitjies, geskil
1 pak (300 g) mengsel van vars broccoli en blomkool of groente van jou keuse
6 eiers
125 ml room
125 ml melk
3 ml vars tiemie, fyn gekap
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Voorverhit die oond tot 160°C.
Braai die blokkies Kasseltjops (vleis) in ’n bietjie olie in ’n swaarboompan tot goudbruin.
Skep uit in ’n oondvaste bak en hou eenkant.
Braai die uie stadig in dieselfde pan tot sag Meng die uie met die varkvleisblokkies(vleis) in die oondbak.
Stoom die broccoli en blomkool (groente) liggies in ’n bietjie soutwater.
Dreineer en voeg dit ook by die vleis en uie in die oondbak.
Klits die eiers, room en melk saam, voeg die tiemieblaartjies, sout en peper na smaak by en giet oor die vleis en groente in die oondbak.
Bak vir ongeveer 40 minute, of tot die eiermengsel gaar en die bokant goudbruin is.
Lewer 4 porsies.
Foto: Louw LP Senior
Resep geplaas deur Louw LP Senior