GIDEON SE ASYNPOEDING IN DIE VARKIEOOND
1 eier
1/2 koppie suiker
1 koppie meelblom
Knippie sout
1 teelepel bakpoeier
1 eetlepel appelkoosjam
1 en ‘n half eetlepel asyn
1 koppie melk
1 teelepel koeksoda
Klits die eier en suiker tot dit lig en romerig is
Voeg al die ander bestandele behalwe die koeksoda en melk by en meng goed
Los die koeksoda in die melk op en voeg by die ander bestandele
Giet die mengsel in foelie pannetjies en bak in die varkie oond vir 35 min
Sous :
1 koppie suiker
1/2 koppie kookwater
1 koppie melk
4 eetlepel botter
1 teelepel vanilla
Verhit alles saam tot kookpunt en giet oor die warm poeding
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw
Geskuif
Oorgeplaas