GEVULDE CIABATA BROOD
800g Ciabatta brood, oop gesny. Bietjie uitgehol.
Ek het dit gesmeer met sundried tomato paste aan altwee kante.
Kaas oor gegooi op die kant waar ek die vulsel gaan pak
Net soveel soos verkies gekapte knoffel, gesnyde ham sodat dit die hele brood bedek.
Spinasie gekook in sout water tot net gaar en dit eenkant gehou tot al die water af geloop is en in brood gesit. Varkmaalvleis net gaar gemaak met ook bietjie tomato paste, en bo-op gesit
eiers gekook en bo-op spinasie gesit.
Sout en peper.
En natuurlik nog kaas. Sit die boonste gedeelte terug.
Het dit laat rus met cling wrap en skoon bakstene vir teminste 2 ure. ( sien foto)
Botter aan die buitekant gesmeer
En toe dit gegrill op my man se gasgriller tot deur warm en kaas gesmelt.
Heerlik. Ñ lekker lui Saterdag ete.
Resep en foto: Elizabeth Haupt