ELAINE SE SPINASIE TERT
Nog iets nuut geleer vandag.
Kook spinsie en druk al die water uit.
Braai uie , bacon en sampioene. Meng spinasie by die mengsel.
Gooi 2 koppies bruismeel
1/2 koppie olie
1/2 koppie kook water in ‘n mengbak wat goed seël.
Skud bestanddele tot gemeng.
Rol in ‘n bal druk in jou glasbak vas.
Meng 2 eiers,
1 koppie room en
1 koppie melk
Gooi oor tert.
Bak in oond 1 uur teen 180 ºC .
Gooi kaas oor en sit terug in oond tot kaas gesmelt het.
Foto en resep geplaas deur Elaine Conradie.