1

ALTA SE PASTA EN VARKVLEIS GEREG

ALTA SE PASTA EN VARKVLEIS GEREG
500 g Penne Rigate pasta (jy kan enige pasta gebruik)
2 uie gekerf,
3 eetlepels botter
2 eetlepels olyfvolie…
2 teelepel truffel olie
Braai saam tot uie deurskynend en sag is ,skep uit pan,gebruik die botter en olie waarin uie gebraai was vir witsous,
4 eetlepels koekmeel
1 teelepel droƫ mosterd poeier
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak, roer by bottermengsel,voeg by
2 koppies melk
1 koppie room, as dit nog te dik is voeg nog bietjie melk by,
voeg ‘n handvol gekapte pietersielie by.
Ek het 2 gerookte vark filette op gesny en in witsous gesit,
Pasta gekook in soutwater met bietjie olie, uitgeskep in witsous mengsel,deur gemeng,
in groot bak geskep, en bo-oor 1 koppie cheddar gemeng met 1 koppie mozarella kaas gesprinkel,
in oond op 180 grade gesit net tot kaas gesmelt is.
Resep en foto: Alta Gunter van Dyk