ADAM SE KERRIE SEEKOS VULSEL VIR VETKOEK
700 g gemengde seekos (gevries)
1 opgekapte ui
2 teelepels Kerrie (sterkte en soort van jou keuse)
1 teelepel cumin poeier
2 eetlepels vrugte blatjang
sout na smaak
Ontdooi die seekos en laat goed dreineer. Braai die uie in ‘n klein bietjie olie tot dit begin verkleur. Voeg die seekos by en roer goed deurmekaar. Voeg die Kerrie, cumin blatjang en sout by en roerbraai vir ongeveer 10 minute.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete.