PAMPOENTERT A LA AMANDA
2.5 koppies gaar gyngedrukte pampoen (ek gebruik twee pakkies van Woollies se klaar opgesnyde pampoen wat ek stoom in mikrogolf?
1 koppie gesifte bruismeel
1 koppie vars room
1 koppie witsuiker
2 lekker vol eetlepels sagte botter
2 eiers
1 teelepel bakpoeier
Ek meng botter en suiker eerste by warm, fyn pampoen dat dit lekker smelt. Meng res van die bestanddele by. Skep in ‘n bak, sprinkel met kaneel en bak so 30 minute teen 180°C.
Bron: Amanda Diamond