1

MARIE SE HEERLIKE HOENDERLEWERS


MARIE SE HEERLIKE HOENDERLEWERS
Vanaand my eie konkoksie van hoenderlewers gemaak en met olyf ciabata brood geëet.
1 klein ui, geskil en gekerf
500 g hoenderlewers
bietjie gekapte knoffel
10 ml gemengde kruie
5 ml Portuguese chicken speserye
bietjie chilli flakes
bietjie peri peri poeier
50 ml room
20 ml balsamic asyn

Maak hoenderlewers skoon.
Verhit bietjie olie in pan en braai uie tot deurskynend en voeg knoffel by.
Voeg hoenderlewers by, roer tot lewers verkleur.
Voeg balsamic asyn by en roer deur.
Voeg bietjie kookwater by vir sous en laat kook.
Voeg kruie en speserye by, roer deur en kook tot lewers gaar is.
Voeg room by en roer deur tot sous verdik.
Bedien saam met snye geroosterde ciabata brood.
Resep en foto:  Marie Dumas Jennings