GEBAKTE AARTAPPELSLAAI – GROOTMAAT
Ongeveer 15 ruim porsies
Sny 20 medium grootte gekookte aartappels, nie pap gekook, in blokkies en plaas in oondpan,
Maak witsous van:
2 koppies melk
3 eetlepels margarine
3 eeetlepels koekmeel
sout en peper na smaak
Meng die volgende saam:
1/2 koppie mayonnaise
2 eetepels aangemaakte mosterd
Gooi oor aartappels, meng liggies deur.
Rasper cheddar kaas en sprinkel bo-oor.
Bak vir 30 minute by 180 ºC.
Bedien saam met braaivleis.
FOTO: Meisie Van Der Colff