1

GESTOPTE SPRINGBOKBOUDJIE

GESTOPTE SPRINGBOKBOUDJIE
Stop met deurgesnyde vars knoffelstukkies
stukkies skaapstert of varkspekrepies
Invryf met sout, swartpeper,
Geskroeide fyn koljander,
Wostershire sous,
Bruin asyn,
so paar vingerknypies kerrie
en borrie,
Bietjie naeltjies en neut
en knoffelsout en braaispice.
Marineer vir so 3 dae in yskas en draai om en smeer en vryf gereeld.
Voor bak kan een koppie soet rooi wyn(OBS) oorgooi.Kan in oond bak op lae hitte.
Kan ook in baksakkie sit en bak oornag in slowcooker op ” auto”.
Sal sappig en sag wees. In oond kan later oopmaak en bietjie op laag bak vir verbruining.
Resep: Janetta Scoonbee Smith