1

APPEL WORS

APPEL WORS
Stuk varkderm
1 kg maalvleis
1 e Dijon mosterd
1 appel in klein stukkies gekerf
paar neute, fyngekap
bietjie komyn
Sout en peper na smaak
Meng alles saam en stop in varkderm.
Ek het so ‘n elektriese meul / worsstoppertjie wat ek dit mee gestop het.
En die geheim van selfgemaakte wors is om dit baaaaie baaaaie vinnig te braai maks 10 min oppie kole as jy nie van dit te rou hou nie.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw