PEER EN SUURLEMOENKOEK
4 koppies koekmeel
4 teelepels bakpoeier
knypie sout
2 granadilla’s se pulp
5 ml vanilla
350 g bruinsuiker
250 g botter
2 suurlemoene se gerasperde skil
klompie pecan neute
125 g blou bessies
2 pere in skyfies gesny
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout in ‘n mengbak.
Vryf die botter in totdat die mengsel soos mieliemeel lyk, voeg die suiker by.
Klits die eiers en voeg die granadilla pulp, vanilla en suurlemoenskil by.
Voeg dit by die meelmengsel en meng goed.
Giet die helfte in ‘n koekpan en plaas van die pere, bloubessies en neute bo op, herhaal die laag en druk die boonste laag peer skywe vertikaal in die deeg in.
Bak in n voorverhitte oond op 180ºC vir 1 uur
Bedien saam met griekse joghurt
Foto: Gideon louw
Resep : Anel Hitge