1

MELISSA SE BOTTERSKORSIESOP

MELISSA SE BOTTERSKORSIESOP
500 g botterskorsie
1 groot ui
5 ml neut muskaat poeier
Chilli poeier
15 ml botter
500 ml room
Kap ui fyn en braai in botter tot bruin. Gooi neut en botterskorsie by en braai botterskorsie ook tot effens gekarameliseerd. Sit deksel op pot en verlaag hitte. Laat prut. Moenie water bygooi nie, dit maak genoeg stoom. Mash met aartappelmasher en gooi room oor. Gooi rissiepoeier, sout en peper by tot smaak. Ek hou van dit lekker warm van chilli, so ek gooi 10ml rissiepoeier by.
Bron: Melissa Hammer