1

SMAAKLIKE LEMOENKOEK

SMAAKLIKE LEMOENKOEK
3 eiers
1 koppie suiker
3/4 k melk
3 eetl botter
1 1/2 k koekmeel
1 1/2 t bakpoeier
1 eetl lemoenskil
1/4 t sout
Klits die eiers en suiker saam. Kook melk en botter. Sif droë bestanddele en voeg by eiermengsel. Voeg melk en botter by. Voeg lemoenskil by. Bak teen 190°C tot gaar. (30-35 min).

Stroop
¾ k suiker
1 k water
2 eetl botter
1 t gerasperde lemoenskil
Kook vir 5 min saam en laat afkoel.
Gooi 1 k lemoensap by en gooi stroop oor koek sodra dit uit die oond kom.

Resep geplaas deur: Nicolette van Jaarsveld

Foto: Nicolette Van Jaarsveld