1

JEANINE SE KOEKSISTERS MET AARTAPPELS


JEANINE SE KOEKSISTERS MET AARTAPPELS
Lekker varsgebakte koeksister
750g koekmeel
250 g bruismeel
3 Etl suiker
1Etlp Gemmer
3 Etlp Anys
1 Etlp fyn allspice
2 Etlp Fyn kaneel
2-3 med aartappels
1 eier
60ml melk
1 pakkie gis (10g)
Vir stroop
2 koppies water op 1 koppie suiker, dit hang af hoeveel stroop jy wil maak.
1 Stokkie kaneel
Lemoen skille
Meng meel, gis en alle speserye en meng met louwarm water en knee soos gewoonlik. kook aartappels en maak fyn en meng met melk en eier. Gooi aartappel mengsel binne in meel mengsel en meng. Deeg sal slap wees maar maak netso toe en laat rus tot dubbel gerys. Meng dan bietjie meel by tot hanteerbaar, vorm en bak in warm olie.
Wees baie versigtig want dit bak verskriklik vinnig so dit moet dopgehou word, jy kan nie eers jou rug draai nie.
Vat suiker en water en gooi in ‘n pot, gooi ¬†kanlel stokkies en lemoen skil(optioneel)by en laat kook tot bietjie taai, doop koeksisters in stoop, haal uit en strooi klapper oor.
Dit is ‘n resep wat ek n paar jaar gelede in n kookboek gesien het, en ek het dit aangepas met speserye en dit my eie gemaak.

FOTO EN RESEP: Jeanine Philander Perrang