1

HOENDER, KEKKERERTJIE EN EIERVRUG KERRIE MET KLAPPERMELK


HOENDER, KEKKERERTJIE EN EIERVRUG KERRIE MET KLAPPERMELK
Maak eers die Kerrie sous en sit dan die stukkies gesnyde hoender borsies by sodat die hoender nie te lank kook en kliphard word nie.
1 groot ui gekap
1 teelepel knoffel gerasper of fyngedruk
2 teelepels gerasperde vars gemmerwortel
Sap van 1 suurlemoen
1 medium groote eiervrug afgewas, droog gemaak en in blokkies gesny met skil aan
3 eetlepels kerrie poeier van sterkte soos verlang
2 eetlepels breyani kruie
2 teelepels borrie
2 teelepels fyn komyn
2 teelepels fyn koljander
1 eetlepel mosterdsaad
2 eetlepels Garam masala
Blikkie klappermelk
Blikkie kekkerertjies (chicpeas) gedreineer
4 medium groote hoender borsies in blokkies gesny

Braai die eiervrug blokkies en uie in genoeg olie, wanneer dit begin verbruin gooi die kruie en speserye by.
Braai liggies vir ‘n paar minute om die geur van die Kerrie uit te bring.
Gooi die klappermelk en kekkertjies by asook die suurlemoensap.
Prut liggies tot die sous begin dik word en die sade sag is.
Gooi die hoender stukkies by en prut tot die hoender gaar is maar nie hard nie.
Bedien met basmati rys, ongegeurde jogurt, vars koljander blare en piesangs.
Bron en Foto: Elsabie Templeton